Skaak word tydens die tweede kwartaal van die skooljaar aangebied.
Ons begin egter al tydens die eerste kwartaal met proewe om sodoende ons 3 spanne te bepaal.

Ons spanne bestaan onderskeidelik uit 0/9, 0/11 en 0/13 met 6 spelers in elke span en ook 1 reserwe vir elke span wat dan aan die jaarlikse Vaalrivier skaakliga deelneem.
Spelers word onderrig om te noteer en van skaakhorlosies gebruik te maak.

Daar is 9 skole wat tans aan die Vaaalrivierskaakliga deelneem.
Die onderskeie skole kry elkeen die geleentheid om te 'host" vir wedstryde.

Ons oefen op Maandae en Woensdae - 14h00 tot 15h00.
Wedstryde vind plaas op Woensdae waartydens elke skool dan 2 geskeduleerde wedstryde speel.
Wedstryde word na skool gespeel by verskillende skole wat "Host"
Die wedstryduitslae word dan na die organiseerders gestuur om dan sodoende die finale uitslae te bepaal.
Die 3 beste spanne se spelers ontvang dan elk 'n medalje om hulle te beloon vir hulle oorwinnings aan die einde van die ligas.

Kontakpersoon: Roelien Du Plessis - 071 332 5563

skaak8.jpegskaak1.jpegskaak2.jpegskaak3.jpegskaak4.jpegskaak5.jpegskaak6.jpegskaak7.jpeg

Contact Information

Kontak Inligting

Tel:  (016) 971 2012
Fax: (016) 971 1478

© 2022 - Vaalpark Primary

Designed & Maintained by

Griffin Internet Services