General

Inligtings Boek 2023 | Info Book 2023

Inligtings bookie dekblad

Klik HIER of op die dekblad om te lees of af te laai / Click HERE or on the front page to read or download

Senoir Prysuitdeling

Congratulations to the following learners who achieved the highest achievements of the year 2022, at our Prize Giving.

 Damian Hartman
Veelsydigste Sportseun 2022- Damian Hartman

Damian het vanjaar die volgende op sportgebied vermag:

  • Hy was lid van die atletiek- skoolspan.
  • Hy speel vanjaar in die O/13 A- rugbyspan, wat die Valke Suid O/13 A Superskole- liga gewen het.
  • Hy was lid van die Valke XV O/13 B- span.
  • Hy was deel van die Noord Vrystaat- swemspan.
  • Hy was deel van die Noord Vrystaat Tweekamp- span.
  • Hy speel in die O/13 A krieketspan.
  • Hy was ook in die Fezile Dabi Noord O/13 A- krieketspan.
 Jaco Venter  
Veelsydigste leerder van die jaar- Jaco Venter
  • Hierdie jongman dien vanjaar as hoofseun op die leerlingraad.
  • Hy handhaaf ’n gemiddeld van 84, 48% vir die jaar 2022 en is ook ’n Top- 10 akademiese gr.7 leerder.
  • Hy dien vanjaar op die redenaars- bestuur en neem as redenaar, by die ATKV- Semi- finale rondte in Gauteng, deel.
  • Hy ontvang die trofee vir die Senior redenaar.
  • Hy was ingesluit in die Vrystaat- atletiekspan na die Nasionale Kampioenskappe.
  • Hy speel vanjaar in die Senior A- tennisspan wat die liga gewen het.
  • Hy was ook in die Noord Vrystaat A- tennisspan ingesluit.
  • Hy ontvang die trofee as Senior Tennisspeler van die jaar.
  • Hy was lid van die Valke Suid O/13 A- rugbyspan wat die Superskole liga gewen het.
  • Hy was ook in die Valke XV O/13 B- rugbyspan, ingesluit.
  • Hy speel in die O/13 A – krieketspan.
  • Hy was ingesluit in die Fezile Dabi Noord O/13 A- krieketspan en ontvang ook die trofee vir die Waardevolste O/13 krieketspeler.

 

Dux Leerders
DUX-Leerders / Learners - 2022

Congratulations to these four Dux learners for their excellent academic achievements.

Baie geluk aan hierdie vier leerders met hul uitstekende akademiese prestasies.

You made Vaalpark proud!

  • Aruska Nell- Graad 4
  • Garreth Julius- Graad 5
  • Neha Autar- Grade 6
  • Zieke Rossouw- Graad 7

 

Katelyn Fourie 
Veelsydigste Sportdogter 2022-  Katelyn Fourie

Katelyn het vanjaar die volgende op sportgebied vermag:

  • Sy was lid van die atletiek- skoolspan.
  • Sy speel vanjaar in die O/13 A hokkiespan, wat die Sasolburg- en D8- ligas gewen het, asook die Noord Vrystaat streekswenners en speel ook in die Interprovinsiale Kampioenskappe, waar haar span ’n bronsmedalje verwerf het.
  • Sy speel in die O/13 netbalspan, wat die Fezile Dabi- liga gewen het.
  • Sy was ingesluit in die Vrystaat Cheetah O/13- netbalspan na die provinsiale kampioenskappe.
  • Sy ontvang die trofee vir die O/13 Netbal speelster wat sy deel.
  • Sy was lid van die Noord Vrystaat Tweekampspan.
  • Sy ontvang die trofee vir die Senior Dogters Tweekampatleet van die jaar.
  • Sy speel in die Senior Dogter A-tennisspan, wat die Fezile Dabi liga gewen het.
  • Sy speel ook in die Noord Vrystaat B- tennisspan.
  • Sy was vanjaar ingesluit in die Vrystaat – swemspan en wen ’n goue-; silwer- en bronsmedalje by die Suid- Afrikaanse kampioenskappe.
  • Sy was gekies as die Noord Vrystaat se Victrix Ludorom en het in al agt swemitems waaraan sy deelgeneem het, eerste plekke behaal.
  • Sy ontvang die trofee vir die senior dogterswemmer van die jaar.

Contact Information

Kontak Inligting

Tel:  (016) 971 2012
Fax: (016) 971 1478

© 2022 - Vaalpark Primary

Designed & Maintained by

Griffin Internet Services